Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Môregloed is 'n radiovervolgverhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en ... more
FAQs about Môregloed:How many episodes does Môregloed have?The podcast currently has 120 episodes available.
September 21, 2018Môregloed - Episode 10Almal in Môregloed is ontsteld omdat daar nog geen taal of tyding van die ontvoerde kind is nie. Dis duidelik dat Theuns Malan dieper betrokke by die saak raak. Hy nader iemand om meer inligting in te win … met gevolge....more7minPlay
September 20, 2018Môregloed - Episode 9Elke skool het sy boelie of twee. Môregloed Kleuterskool is geen uitsondering nie. Griet Kotze kan nie stilsit en toekyk hoe die boelie met die tatoe op sy bo-arm die dogtertjies bykom nie. Veral nie die een dogtertjie nie. Dan vang sy ʼn dom ding aan....more7minPlay
September 19, 2018Môregloed - Episode 8Môregloed word deur ʼn ontvoering geruk. Theuns Malan is bekend dat hy korrupsie- en staatskapingsake oopkrap, maar om die een of ander onverklaarbare rede gryp dié ontvoeringsaak hom aan en laat dit die adrenalien in sy are pomp. Wat jaag hom?...more6minPlay
September 18, 2018Môregloed - Episode 7Eben se werksbakkie werk oortyd vanoggend. Môregloed Kleuterskool is nie verniet Elmari Neethling se trots nie. Die skool het sowat 80 monde wat elke weekdag gevoed moet word. Die voortreflike skoolhoof is nie iemand met wie jy sal mors nie. Maar dan daag daar onverwags iemand op wat sake deurmekaar krap....more7minPlay
September 17, 2018Môregloed - Episode 6Aletta de Jongh is in 'n moeilike bui en dis nie hoe haar mense haar ken nie. Radio Centurion saai elke weekdag 'n trefferprogram met 'n wenresep uit wat uitreik na hulpbehoewendes. Wie tree vir Eben de Jager in die bresse?...more8minPlay
September 14, 2018Môregloed - Episode 5Eben de Jager glo vas iemand het doelbewus sy sake deurmekaar gekrap. Griet loop met ʼn verwoestende seer in haar binneste rond, iets waaroor sy nie maklik praat nie. Maar iemand trek tog die inligting uit haar uit....more7minPlay
September 13, 2018Môregloed - Episode 4Waar belê Elmari Neethling haar twee vergaderings en met watter doel? By Elmari se “Lavenderfabriek” spat die vonke tussen haar en Theuns en Eben. Wie is die moeilikheidmaker? Die tafel is gedek vir verdere konfrontasie....more7minPlay
September 12, 2018Môregloed - Episode 3Aletta de Jongh gaan met ʼn doel inkopiesentrum toe. Om wat te gaan maak? Hoe goed loop haar besoek daar af? Moord, selfmoord en dwelmstories duik skielik op....more7minPlay
September 11, 2018Môregloed - Episode 1Hoe is dit moontlik dat Aletta de Jongh en haar dogter, Elmari Neethling, mekaar 20 jaar lank nooit gesien het nie? Ná 'n skok-ontmoeting word Aletta se lewe dramaties omgekeer....more7minPlay
September 11, 2018Môregloed - Episode 2Griet Kotze bied haar “hair specials” net by haar woonwa in die Joos Becker-woonwapark naby die Wonderboom Junction in Pretoria aan. Elke “special” gaan gepaard met groot gesels. Vandag se gesprek met Aletta skok Griet tot in haar tone....more7minPlay
FAQs about Môregloed:How many episodes does Môregloed have?The podcast currently has 120 episodes available.