Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Môregloed is 'n radiovervolgverhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en ... more
FAQs about Môregloed:How many episodes does Môregloed have?The podcast currently has 120 episodes available.
October 05, 2018Môregloed - Episode 20Daar is ’n gesegde wat lui “jammerte sonder hulp is soos mosterd sonder vleis”. Dis hoe Griet Kotze voel: Daar mag miskien hope mosterd wees, maar sy sien nie ’n enkele krieseltjie vleis nie. Waaroor word Theuns Malan ingevlieg?...more6minPlay
October 04, 2018Môregloed - Episode 19Griet Kotze bekom meer inligting oor Jan en Sally Horn. Hoe strook dit met haar feite oor dié mense? Soms laat skok mense snaakse dinge aanvang. Dis omtrent al verduideliking wat daar kan wees vir Griet se skokoptrede....more7minPlay
October 03, 2018Môregloed - Episode 18Griet Kotze hoor uiteindelik die waarheid oor die toebroodjie-insident. Wie loop sy daaroor storm? Sy het ’n groot plan om die amperse tragedie in ’n wen-wen-situasie te verander, maar het sy ’n kans om daarmee te slaag?...more7minPlay
October 02, 2018Môregloed - Episode 17Die moleste met Jan Horn hou Patricia de Villiers uit die slaap. Theuns Malan bly gefassineerd met Monique Daniels se verdwyning. Hy bly krap, op soek na nuwe inligting. Dan kom hy op ’n brokkie inligting af wat selfs Elmari Neethling se asem wegslaan....more7minPlay
October 01, 2018Môregloed - Episode 16Briewe is skielik aan die orde van die dag. Wie moet almal ’n brief skryf? Elmari de Jongh glo vas as jy eers ’n troon vir leuens oprig, word dit die galg vir die waarheid. Daarvoor sien sy nie kans nie. En sy is uitgesproke daaroor....more8minPlay
September 28, 2018Môregloed - Episode 15’n Krisis bars los en Aletta de Jongh leer met groot oë van ’n anafilaksie en ’n omgesukkelde man met die naam Jan Horn. Sy sterf tagtig dode op een van die langste Maandae van haar lewe. Maar sy’s nie die enigste een wat bloed sweet nie....more7minPlay
September 27, 2018Môregloed - Episode 14Nog ’n misdaad skud Elmari Neethling. Sy is selfs meer ontsteld toe Theuns Malan vóór die polisie by die misdaadtoneel opdaag. Die man is darem net te gerieflik byderhand as donker dinge gebeur en dan is hy nog Meneer Behulpsaam self! Griet Kotze en Eben de Jager het self ’n donker naweek agter die blad. Min weet hulle die Maandag sal veel donkerder verloop....more7minPlay
September 26, 2018Môregloed - Episode 13’n Kind se verjaardag bly ’n besonderse gebeurtenis met al die opwinding wat daarmee gepaardgaan. Griet Kotze is netjies uitgevat vir vandag se groot verjaardag en geskenkie onder die arm, stap sy by die karavaan uit. Vandag kry sy uiteindelik ’n langverwagte foto. Min weet sy dis ’n dag wat haar lewe op sy kop gaan omkeer....more7minPlay
September 25, 2018Môregloed - Episode 12Griet Kotze se lewe is stresvol en sy hanteer dinge nie goed nie. Vandag van alle dae – toe die stres haar weer onderkry en sy haar oorgee aan haar swakheid – word sy deur ’n besoeker verras. Wie daag almal by die Baviaanspoort Gevangenis op en hoekom?...more6minPlay
September 24, 2018Môregloed - Episode 11"Touch of Lavender" op Kameeldrift is Elmari Neethling se trots. Dis bedrywig dié tyd van die jaar, want dis planttyd. Te midde van die gewoel daag daar ’n besonderse kuiergas op. En ’n sekere gebeurtenis maak steeds opslae....more7minPlay
FAQs about Môregloed:How many episodes does Môregloed have?The podcast currently has 120 episodes available.