Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die le... more
FAQs about Naweekaktueel:How many episodes does Naweekaktueel have?The podcast currently has 1,157 episodes available.
August 13, 201613 Aug 2016Vrouemolestering is veral met Vrouemaand weer in die kollig. Met die onlangse "Remember Kwezi" stille protesoptrede tydens president Jacob Zuma se verkiesingsuitslae-toespraak het die fokus weer ook skerp hierop geval. Daarom is dit volgens aktiviste belangrik om hieroor te praat. Een so 'n slagoffer, Alison Botha, is in 1994 deur twee mans ontvoer, verkrag en 32 keer in haar maag met 'n mes gesteek voordat hulle haar keel afgesny het. Sy het wonderbaarlik oorleef. Haar ervaring is pas in 'n dokumentêre rolprent oor haar lewe by fliekteaters vrygestel. Botha het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat sy nie vir haar aanvallers die satisfaksie wou gee om haar lewe te vernietig nie....more4minPlay
August 13, 201613 Aug 2016Suid-Afrikaners het vandeesweek die 60 jaar-herdenking van die1956-vroueoptog gevier. Die vierings het onder meer gepaard gegaan met die onthulling van vier standbeelde van vrouevryheidsvegters, waaronder Sophia Williams-de Bruyn en Helen Joseph in Pretoria. Maar hoekom is hierdie optog belangrik? En wat beteken dit vir vandag se vroue? Anna-Marie Jansen van Vuuren berig....more9minPlay
FAQs about Naweekaktueel:How many episodes does Naweekaktueel have?The podcast currently has 1,157 episodes available.