Die hoof van die SA Inkomstediens se ondersoekeenheid, Johan van Loggerenberg, het bedank. Sy bedanking is onmiddellik van krag. Van Loggerenberg is verlede jaar geskors na bewerings van spioenasie en onderduimse ondersoeke deur die prokureur Belinda Walter. Walter het daarop aanspraak gemaak dat sy op Van Loggerenberg gespioeneer het. Hulle het in die tyd 'n verhouding aangegaan. Van Loggenrenberg erken in sy mediaverklaring dat hy toegelaat het dat sy persoonlike lewe sy gesonde oordeel aantas. 'n Woordvoerder vir die Inkomstediens, Luther Lebelo, het die bedanking bevestig.