'n Jong polisievrou van Mpumalanga is in haar noppies nadat 'n innoverende ortopediese sjirurg, dr. Franz Birkholz, daarin geslaag het om haar been te red. Ná 'n motorongeluk in 2007, is Anschua Botha se linkerbeen so erg beseer dat menige dokter dit wou afsit. Die been wat meer as twee sentimeter korter is as haar regterbeen, word nou geleidelik gerek met behulp van 'n eksterne magneet. Die proses is minder pynlik as die konvensionele meganiese metode waartydens 'n staalraam beenstut gebruik word. Botha vertel hoe die proses haar nuwe hoop gegee het.