Oekraïne betaal nou die prys vir sy strewe om deel te word van die groep Westerse lande. Dit is die mening van 'n onafhanklike politieke ontleder in die Euro-Asiese land, Georgië, Jumber Maruasvhili. Georgië was so kort gelede as 2008 in 'n soortgelyke stryd gewikkel met Rusland, nadat hy verklaar het dat hy wil aansluit by die Europese unie. Maruashvili sê die optrede van die Russiese Federasie is presies dieselfde as destyds in Georgië, voordat die oorlog in 2008 uitgebreek het.