Nie alle bosluise dra gevaarlike virusse aan die mens oor nie, maar mense moet veral nou baie versigtig wees. Dis is die mening van 'n dierkundige verbonde aan Kruvet Dieregesonheid, Pierre van Niekerk. Dit volg na die dood van die veertigjarige Madrè Brand van Schweizer-Reneke in Noordwes. Sy is vroeg in Januarie deur 'n bosluis gebyt, waarna komplikasies ingetree het. In nog 'n geval word 'n vrou in Somerset-Wes in die hospitaal behandel vir Kongokoors na 'n bosluisbyt. Van Niekerk sê dit is belangrik dat jy nie jouself tuis behandel as jy sien jy is deur 'n bosluis gebyt nie, maar onmiddelik dokter gaan toe as jy griepsimptome begin toon binne tien tot 12 dae.