Die departement van Landbou, Bosbou en Visserye het in Kaapstad beslag gelê op 'n besending onwettige perlemoen wat deur Hongkong teruggestuur is. Die perlemoen van twee-komma-ses ton se waarde word op R27 miljoen geraam. 'n Woordvoerder van die departement, Lionel Adendorf, sê wat hierdie geval so merkwaardig maak, is dat dit die eerste keer is dat 'n besending onwettig gestroopte perlemoen teruggestuur word NADAT dit in sy land van bestemming aangekom het.