'n Suid-Afrikaanse wynlandgoed is een van sewe wynplase in die wêreld wat met Great Wine Capitals (GWC) se Best of Wine-toekenning bekroon is. Die GWC is 'n netwerk van die voorste wynproduserende streke ter wêreld, en is geskep om internasionale beste praktyk in wyntoerisme te bevorder. Die Waterford-wynlandgoed by Stellenbosch is lank reeds bekend vir hulle volhoubare wingerdboukunde en wynmaaktegnieke, en is daarom as die wenner in sy streek aangewys. Die bemarkingsbestuurder van Wines of South Africa, Andre Morgental, sê dit is nie die eerste keer dat Waterford met die titel wegstap nie.