Shiraz-rooiwyn is 'n alombekende op baie mense se etenstafels. Hoewel die kultivar net langer as 40 jaar in Suid-Afrika gebottel word, weet min mense dat die wyn reeds 6 000 jaar voor Christus gemaak is en dus een van die oudste wynkultivars in die wêreld is. Verskeie wymeesters kom die naweek in Stellenbosch bymekaar op die Hartenberg-landgoed vir die Shiraz-fees. Carl Schultz, wynmaker van die landgoed op Stellenbosch, het aan Suzanne Paxton gesê Shiraz se voortbestaan deur die jare kan onder andere toegeskryf word aan die kultivar se aanpasbaarheid.