Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê daar heers vrees onder slagoffers van seksuele teistering in die werkplek. Die burgerregteorganisasie, Afriforum, ontmoedig mense om die rassekategorie op vanjaar se sensusvorm te kies. Wat gebeur as 'n trooster getroos moet word? 'n Dominee vertel hoe die Covid-pandemie hom geraak het. Die tweede deel van die verslag oor die ondersoek na staatskaping word vandag aan die Presidensie oorhandig. Die Afrika-unie skort Burkina Faso se lidmaatskap op. Ons kyk hoe vorder die onderhoude vir die aanwysing van Suid-Afrika se nuwe hoofregter.