Die Konstitusionele Hof bevind dat president Cyril Ramaphosa nie die parlement mislei het oor die CR17-fondse nie. Ons kry reaksie op die uitspraak, en vra of dit die saak versterk om die Openbare Beskermer uit haar pos te verwyder. Die Zondo-kommissie sal sy werk moet afhandel sonder die getuienis van oudpresident Jacob Zuma of die Guptas - ons vra wat die impak hiervan op die finale verslag sal wees. Mense bo die ouderdom van 50 registreer flink om Covid-19-inentings te ontvang.