Plaaslike owerhede waarsku inwoners teen die gevaar van oorstromings. 'n swem bye in Mpumalanga takel 'n gesin in hulle motor toe. Afriforum beplan hofaansoek om regering te dwing om ook Covid-19-entstowwe aan privaatsektor vir verkope en verspreiding beskikbaar te stel. Suid-Afrikaners is gewaarsku om nie tuisgemaakte alkohol op die swart mark te koop of om gevaarlike chemikalieë in hul tuisgebroude drank te gebruik nie. Die burgerregte-organisasie, Toekomsvonk, sê sy statistiek wys dat die meeste plaasaanvalle nie deur individue nie, maar deur bendes uitgevoer word.