Ons praat met'n politieke ontlederoor die uitkoms van die kabinetsvergadering, veral oor die EFF se onlnagse optrede, die goedkeuring van die oprig van nuwe landboukolleges en die totstandkoming van 'n presidensiële klimaatsverandering koordineringskommissie. Die nasionale sekretaris van die Suid Afrikaanse nasionale weermag Unie, sê die regering is die land 'n verduideliking verskuldig oor die ANC afvaardiging wat saam met die minister van verdediging, Nosiwe Mapisa-Nqakula in 'n weermagvliegtuig na Zimbabwe gevlieg het.