Die DA sê die ANC se kader-ontplooiingskomitee het staatskaping gefasiliteer. Die nasionale ramptoestandperiode loop binnekort ten einde - is dit tyd om dit amptelik op te hef? Ons kry die jongste nuus oor die springkaanplaag in die Noord-Kaap. Honderde families is ontheem weens fratsvloede in Oos-Londen. Daar is ‘n merkbare afname in padsterftes in die Wes-Kaap. Mali het aangekondig dat hy al sy ambassadeurs uit Wes-Afrikalande gaan onttrek. 'n Sewejarige van Upington word een van die jongste bydraers tot die Afrikaanse taal.