Oudpresident FW de Klerk se laaste boodskap en nalatenskap lok gemengde reaksie uit. Die Springbokke slyp hulle tande vir môre se kragmeting teen Skotland. Inwoners van Houtbaai naby Kaapstad groet Mister Brown, die gewild rob wat hulle dekades lank geselskap gehou het. Die seun van een van die Cradock 4 sê die antwoorde op verskeie van sy vrae gaan saam met oudpresident FW de Klerk na die graf. COP26 kom vandag tot 'n einde, maar daar is weinig sprake van 'n haalbare ooreenkoms.