City Power in Johannesburg het 'n nuwe kragverskaffingskontrak met die Kelvin-kragstasie beding om beurtkrag in die Metro hok te slaan. Die burgerlike organisasie, CapeXit, het 'n amptelike klag by die Verkiesingskommissie ingedien teen die Cape Independence Party. Dié party gebruik die afkorting CAPEXIT op sy stembriewe in die Wes-Kaap. Ná 'n eksklusiewe onderhoud met die ACDP, vra ons watter rol dié party met sy morele grondslag kan speel in die plaaslike regeringsverkiesings.