Adjunkhoofregter Raymond Zondo gee 'n oorsig oor die stand van die regbank. SAPHRA eis dat die Weermag medisyne terugstuur wat hy van Kuba gekry het om Covid teen te werk. Verkeer na die kus sal van môre af skerp toeneem. Die Hooggeregshof in Pretoria het 'n besluit van Binnelandse Sake omgekeer om nié die vrystellingspermitte van meer as 250,000 Zimbabwiërs in Suid-Afrika te hernu nie. Die AA verwelkom 'n voorstel oor die berekening van die brandstofprys. Die Internasionale Energie-agentskap sê 'n toename in Covid-19-gevalle en die Omikron-variant sal die vraag na olie verminder.