Die Pretoriase Hooggeregshof beslis dat Jacob Zuma se mediese parool onwettig is, en moet teruggaan tronk toe. Die Oos-Kaap kondig aan dat hy ook nou in die vierde golf van die Covid-19-pandemie is. Afrika is amptelik in die vierde vlaag met die meeste virusgevalle sedert verlede jaar. Reddingspogings duur voort by in 'n brandende gebou in Hongkong. SANPARKE vra dat besoekers geduldig moet wees by die ingange na hulle nasionale parke te midde van Covid-19-maatreëls.