Advokaat Dali Mpofu word berispe vir sy gedrag tydens die ondersoek na staatskaping. Die regering verleng wéér die nasionale ramptoestand. Die weerdiens voorspel hewige reënbuie oor groot dele van die land. 'n Nuwe verslag verbind die ANC met toenemende onstabiliteit in Suid-Afrika. SADEK-magte in Mosambiek sit die stryd teen terreur voort. Afgevaardigdes van onder meer Pole en die Tsjeggiese Republiek is in Kiëf vir 'n vergadering met Oekraïne se president. Ons vra: Wat is jou regte wanneer dit kom by die uitneem en hantering van skuld?