Die Menseregtekommissie begin met sy ondersoek na die onluste wat in Julie in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het. Talle mense reageer op die regering se Vooma Covid-19-inentingsveldtog die afgelope naweek. Druk gesprekke oor koalisies in stadsrade vind vandag plaas. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging gaan 'n formele klag by die Konfederasie van Afrika-sokker en die wêreldsokkerbeheerliggaam, FIFA, indien ná Bafana Bafana se 0 - 1 nederlaag teen Ghana. Haelkorrels so groot soos krieketballe val in Lydenburg.