Suid-Afrika se inperkingsregulasies bly vir eers op Vlak-1. Druk vakansieverkeer word op van die land se hoofroetes ondervind. Henry, Kwazulu-Natal se oudste krokodil, is vandag 'n volle 121 jaar oud! Die regering vra vir kalmte ná 'n hooggeregshofbeslissing dat Jacob Zuma moet terugkeer tronk toe. Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal sê hy is bekommerd oor vakansiegangers wat nie maskers op strande dra nie. Die supertifoon, Rai, wat die suide van die Filippyne getref het, gaan gepaard met swaar reën en 'n verwoestende wind.