** Ons kry die jongste oor die SAUK se verskyning vandag voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie in verband met beoogde afleggings; Verskeie organisasies waarsku dat die aanstelling van die nuwe OPOD hoof verdag is - ons kyk breedvoerig na die kwessie; Jy kan moontlik strafregtelik vervolg word as jy nie 'n gesigmasker dra nie - ons kyk na of die regering wel die wetgewing kan deurdruk; en die jongste bevolkingsvooruitskouing toon dat Gauteng die gewildste provinsie is om in te woon