Al nege provinsies is nou midde 'n vierde vlaag van coronavirusinfeksies. Die voormalige bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, moet boet vir 'n onwettige geldelike beloning. Bykans al die land se grootste damme is voller vanweë die onlangse goeie reënval. ‘n Peiling oor lewenskoste wys dat dit al hoe duurder word om in Johannesburg te woon. Waarskuwings vir oorstromings in Tshwane. 'n Renosterkalfie sterk goed aan nadat sy sonder haar ma in die wildtuin gevind is.