Vier kandidate is op die kortlys vir die hoofregterspos, maar dié keer word die proses anders hanteer. Eskom ondersoek 'n reeks ongelukke en verdagte voorvalle by sy kragstasies. Ons kyk na die jongste politieke koalisies en probleme wat in munisipaliteite kop uitsteek. Die helfte van die land se staatsondernemings het verlede jaar verliese getoon. Die SAUK het verskeie planne om operasionele en finansiële uitdagings die hoof te bied. Die Poskantoor waarsku teen die betaal van omkoopgeld om lang rye vry te spring.