Eskom kondig Fase 2-beurtkrag tot Maandag aan. AfriForum sê hy is bekommerd oor die druk op Magalies Water en Bloem Water ná die besluit om Sedibeng Water te ontbind. Statistieke Suid-Afrika sê jy hoef nie veldwerkers vir vanjaar se sensusopname in jou huis toe te laat nie. Ná dae se uiterste warm weerstoestande, moet Wes-Kaapenaars gereed maak vir 'n kouefront. Boere in Warmbad en Nylstroom sê die swak toestand van paaie in die gebied bemoeilik hulle werk. Kenners sê regulasies is dringend nodig om kriptogeld te reguleer.