Mense wat voorheen besmet is met die Alpha en Beta variante van die Covid-19-virus kan steeds met die Delta Plus variant besmet word. Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte verduidelik waarom dit so lank neem om uitslag te gee oor Russies en Sjinese entstowwe. Gerugte doen die rondte dat Jacob Zuma die hooggeregshof wil nader om uit die tronk te bly. Die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, spreek kommer uit oor die toenemende aantal nuwe gevalle van Covid-19, terwyl die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, vra dat mense bo die ouderdom van 50 nou al die Covid-19-inenting moet kry. Ons vind uit waarom die Wes-Kaapse regering stappe doen teen die Sentraal Karoo en Kannaland-munisipaliteite oor hulle gebrekkige begrotings.