Is daar lig aan die einde van die beurtkrag-tonnel? Die ANC kry slae in gister se tussenverkiesings – sal hulle ook steun verloor in die algemene verkiesing in 2024? Ons vra of die president ook slae sal kry noudat aanklagte van ontvoering, geldwassery en regsverydeling teen hom ondersoek word. Die familie van die krieketspeler, Mondli Khumalo, is gereed om na Engeland te vertrek om by hom te wees in die hospitaal. Die Kantoor van die Ombud vir Regsdienste word bekendgestel.