Die matriekuitslae word vanaand verwag. Intussen is die toppresteerders vanoggend vereer. Onstabiliteit in die Johannesburgse metroraad voorspel niks goeds vir rade wat deur koalisies regeer word nie. KwaZulu-Natal is die afgelope twee maande swaar getref deur natuurrampe. 'n Wynmaker praat met ons oor die impak van Covid en die konstante reën op hulle produksie. Die Wêreld Ekonomiese Forum se Internasionale Risikoverslag kom onder bespreking. 'n Vreemde ontvoeringsvoorval in Noordwes laat mense kop krap.