Die afleggings wat tans by die SAUK plaasvind is die foute van die verlede wat die instansie nou inhaal. Dit is die mening van die afgetrede uitvoerende regisseur van die RSG se nuusaktualiteitsprogramme, Foeta Krige. Hy deel sy mening op Spektrum, en kort daarna vertel ons verslaggewer Heindrich Wyngaard, dat betogers buite die SAUK dieselfde voel. ‘n Grootskaalse soektog is aan die gang nadat ‘n veldwagter in die Nasionale Krugerwildtuin vermis raak. Die konstitusionele hof het vandeesweek beslis dat huiswerkers nou van die vergoedingsfonds mag eis indien hulle by hulle werksplek sou seerkry of sterf.