Die kredietburo, Experian, is geinfiltreer en die kontakbesonderhede van verskeie banke se kliënte, is uitgelek; die organisasie teen belasting misbruik sê die heraanstelling van Zandile Gumede is 'n klap in die gesig van Suid-Afrikaners en die aantal kinders wat deur treine getrap word, omdat hulle op treinspore speel, neem landwyd toe. In die tweede helfte van die program: Landbou-organisasies is opgewonde oor vooruitskattings van 'n goeie oesjaar, rolspelers in die teaterbedryf sê, dit voel as die regulasies in die staat van inperking doelbewus daargestel is om die bedryf te kniehalter; en rrstaurant- en kroegeienaars glimlag breed met die verskuiwing na vlak 2 van inperkings, maar is die verbod op die korrekte manier opgehef?