'n Nuwe variant van die Coronavirus wat vinnig versprei, is in die land geïdentifiseer, en die tweede vlaag Covid-19 infeksies word hieraan toegeskryf. Ons hoor by 'n kenner wat ons hiervan kan verwag, en ons berig verder oor die impak van foutiewe gesigmaskers wat aan gesondheidswerkers verskaf is. 'n Onlangse peiling deur die persoonlike geldsakewebwerf, JustMoney, dui daarop dat 'n toenemende aantal Suid-Afrikaners skuld aangaan om kos te koop weens die pandemie. Ons hoor hoekom kenners meen die doodstraf is nie die oplossing vir geweld teen vroue en kinders nie.