Die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur aan Amerika, Ebrahim Rasool, vergelyk president Joe Biden se inhuldiging met dié van sy demokratiese voorganger, Barack Obama. Ons kyk ook wat Biden se eerste uitvoerende bevele behels. Navorsers aan die Universiteit van Pretoria, glo dat hulle 'n chemiese verbinding ontdek het wat kan help om malaria uit te wis. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het onlangs 'n nasionale stuurkomitee saamgestel om die Nasionale Khoi en San erfenisroete te ontwikkel en bestuur.