Die gehalte van kraanwater in die Nelson Mandelabaai Metro is moontlik nie veilig vir menslike gebruik nie. Die swak toestand van paaie in die Vrystaat bedreig voedselsekerheid. Statistiek oor padongelukke- en sterftes sal voortaan maandeliks bekendgestel word. Die Konstitusionele Hof hoor Janus Walusz se appèlaansoek aan om op parool vrygelaat te word. Die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley is in 'n finansiële verknorsing. Die VN se sekretarisgeneraal veroordeel Rusland se besluit om wegbreekstreke van Oekraïne te erken.