Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die minister in die presidensie, Jackson Mthembu. Ons praat met 'n oud-LP en een van ons parlementêre verslaggewers om te hoor hoe hulle hom onthou. Gedeeltes van die Kruger Nasionale Wildtuin word gesluit in die aanloop tot die tropiese storm, Eloise. Familielede van ouetehuisinwoners word gevra om eerder besoeke uit te stel weens 'n toename in Covid-gevalle in tehuise. Tax Justice SA eis dringende optrede deur die regering om onwettige sigaretverkope stop te sit. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê die afgelope feestyd was weens die pandemie, een van die moelikstes nóg vir sy department.