Hulp stroom reeds in van heinde en verre vir boere in die Vrystaat en Noord-Kaap wat deur die verwoestende veldbrande in die twee provinsies geraak is. Ons spits ons toe op die diere-slagoffers van die brand, met 'n veearts van die Vrystaat, wat sê hy’t lanklaas so ‘n wreedaardige gesig aanskou. AgriSA het die Nasionale Tesourie genader om in te gryp om die volhoubaarheid van die Landbank te verseker. Die nie-regeringsorganisasie Equal Education, reageer op onthullings dat kinders gras en sprinkane moes eet, toe subsidies tydens die grendelstaat weerhou is.