Ons kry reaksie op die beslissing dat strande langs die Tuinroete gesluit moet bly. Suid-Afrika het die deposito aan die Wêreld Gesondheidsorganisasie se COVAX-program betaal, hoewel dit tans net genoeg entstof vir tien persent van die bevolking sal wees. Ons vra of jou versekering sal uitbetaal as jy in 'n ongeluk betrokke is wanneer die aandklokreël van krag is. Die ontslape Arthob Petersen, wat tussen 1997 en 2009 die spanbestuurder van die Springbokke was, word as 'n nederige mens beskryf.