Die voormalige bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, mis die spertyd om R11,5 miljoen aan die korporasie terug te betaal. Die ANC-Jeugliga eis stappe teen die direksie van Sedibeng Water. 'n Swart wingerdkundige van die Strand hehaal sy doktorsgraad. Sahpra het goedkeuring verleen vir die toediening van 'n skraagdosis van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof. Meer as 100 mense sterf sedert die begin van die maand in motorongelukke op Wes-Kaapse paaie. ANC-personeel ontvang slegs 'n gedeelte van hulle agterstallige salarisse.