Rusland se president, Vladimir Poetin, waarsku teen inmenging van ander lande nadat missiele op stede in Oekraïne afgevuur is. 'n Petisie wat eis dat rasseklassifikasie van regerings- en ander dokumentasie verwyder word, word vandag in die Parlement aangehoor. Die hof lewer vandag uitspraak oor of seismiese opnames aan die Weskus kan voortgaan of nie. Is huishoudings gereed om oor te skuif na digitale leerplatforms? 'n Verslag hieroor wys dat dit nie 'n opsie vir almal is nie. Opwindende veranderinge en 'n reeks nuwe programme word vir RSG beplan.