Die drie nuwe burgemeesters van die grootse metro’s in Gauteng praat met ons oor hulle planne vir dié munisipaliteite. Noodspanne in George maak gereed vir nog reën in die streek. Al hoe meer pikkewynkuikens het weens die voelgrieppandemie versorging nodig. Al hoe meer dooie robbe spoel op Wes-Kaapse en Oos-Kaapse strande uit. Ons vra ook waarom dit so lank neem om die oorsaak van die sterftes te bepaal. Die Ethekwini Metro se raadsvergadering word vanmiddag hervat nadat dit verlede week ontwrig is.