Die EFF in Tshwane vra dat die administrateur in die hoofstad vervang word, 'n debat woed oor weermaglede se betrokkenheid by interne party-politieke kwessies en NEDLAC is vol planne om Eskom te herstruktureer maar daar is bitter min spesifieke planne en kenners is skepties. Die 39-jarige oud-rugbyspeler Zane Killian het intussen vanoggend in die landdroshof verskyn in verband met die moord op die Kaapse top-speurder lt.kol. Charl Kinnear en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Kwazulu Natal, vra dat slagoffers van die Kwa-Sizabantu kerk na vore tree.