Gaan die omstrede e-tolstelsel in Gauteng geskrap word of nie? Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader in Mosambiek om moontlike militêre ingryping in die noorde van die land te bespreek - ons kyk na wat die moontlike opsies is. Sedibeng-water beplan om van sy operasionele en onderhoudsdienste op te skort - 'n hofsaak dreig nou oor die beplande opskortings. Twee ontleders is dit eens - dit is belangrik dat elke Suid-Afrikaner besorgd moet wees oor die magstryd binne die ANC.