Ons ondersoek die herrie oor 'n kniebuig-direktief van Krieket Suid-Afrika, en vra of die besluit die regte een was. Die modernisering van die mynboubedryf in afwagting van die vierde nywerheidsrewolusie kom onder die loep. Skole is bekommerd dat matrikulante nie eksamenfiks is nie - hoe kan dit die finale uitslae beïnvloed? Ons kry reaksie op bewerings van 'n tekort aan ervare ingenieurs by die Koeberg-kernkragaanleg. Laerskoolleerders in Langa kry toegang tot gevorderde aanlyn geletterdheidsprogramme. Gemeenskaplede in Lentegeur kry veiligheidsopleiding - ons vind meer uit oor dié noodsaaklike stap om die gemeenskap veilig te hou.