Die minister van polisie, Bheki Cele, lê besoek af aan Eldoradopark in Johannesburg, waar die 16-Jarige Nathaniel Julies na bewering deur die polisie doodgeskiet is. Die kwessie plaas die soeklig weer op polisiegeweld. Ons praat met 'n kenner hieroor en ons hoor by die menseregtekommissie hoe hulle betrokke gaan raak. Op 'n ligter noot, ondersoek ons sogenaamde 'siek geboue'- wat daanra verwys dat die lugkwaliteit binne geboue dikwels heelwat swakker is die buitelug.