Die konflik tussen Rusland en Oekraïne bly op die voorgrond. Ons hou jou op hoogte van die jongste nuus en bied heelwat reaksie op die situasie. Die Vrystaatse premier lewer haar provinsiale rede, maar gaan dit 'n gejaag na wind wees? Ons vra 'n kenner. 'n Brandstofprysskok wag op Suid-Afrikaners. Suid-Afrika is in 'n goeie posisie om 'n eerste toetsreeksnederlaag teen Nieu-Seeland te vermy. 'n Suid-Afrikaner in Bela-Rusland sê hulle is bang dat die konflik tussen Rusland en Oekraïne na hulle sal oorspoel.