Suid-Afrika se plek op die korrupsie-persepsie-indeks bly onveranderd, maar korrupsiewaghonde waarsku teen korrupsie-kultuur. Die hooggeregshof bepaal dat die voormalige presdident, Jacob Zuma, voor die kommissie van ondersoek na staatskaping moet verskyn. Afriforum hou by sy voorneme om die hooggeregshof te nader oor die beskikbaarheid van Ivermektien vir menslike gebruik. Die munisipaliteit van Stellenbosch gaan poog om die land se eerste munisipaliteit te word om weg te breek van Eskom.