Eskom wil strenger beheer afdwing op sonkragstelsels wat aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is. Die ANC en die VF Plus stem ten gunste van 'n wantrouemosie teen die DA-burgemeester van Swellendam, Francois du Randt. Gautengers kla al hoe meer oor die vlieëplaag in die provinsie - ons praat met 'n entomoloog van die Landbou Navorsingsraad. Die Hooggeregshof in Pretoria beslis dat die armoedetoelaag wat tydens die Covid-pandemie ingestel is, voortgesit moet word. Meer as duisend onwettige immigrante is die afgelope twee dae in die VSA in hegtenis geneem.