Die BBC in Brittanje onthul menseregtevergrype wat die Chinese owerhede na bewering teen die Moslem Uighur-gemeenskap pleeg, maar 'n kenner sê die bewerings word dalk oordryf. Adjunk-hoofregter Raymond Zondo se voorneme om oudpresident Jacob Zuma strafregtelik aan te kla, word verwelkom. Daar is net 'n week oor vir die publiek om kommentaar te lewer op die onteieningswetsontwerp. Die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, se hy ondersoek bewerings wat gemaak word in 'n Whatsapp boodskap dat die dogter van die premier van Mpumalanga 'n tender ontvang het om entstowwe te versprei. Watervlakke in die Benede Oranjerivier in die Noord-Kaap is steeds hoog en kan tot verdere oorstromings lei.