Een… twee… drie… Die vierde nasionale sensus is in volle swang. Eskom kan steeds nie die ligte aanhou nie. Ons vra of die Weermag al die Covid-medisyne na Kuba teruggestuur het, of nie. Regter Dunstan Mlambo sê in sy onderhoud vir hoofregter, dat beperkte begrotings 'n nadelige impak op die regstelsel het. Edelmetale in motoronderdele lok misdadigers. Wilde perde en vloedwaters meng nie - ons vind uit hoe 'n plaaslike organisasie 35 perde van die dood gered het.