Ons kry reaksie van bekommerde ouers in die Noord-Kaap oor die aankondiging dat alle graad R tot graad 7-leerders van 26 Julie af weer normaal skool gaan bywoon. 'n Nasionale taakspan van toegewyde speurders is saamgestel om transitorooftogte te bestry. Ons praat met die restaurantbedryf oor hoe eetplekke aangepas en verander het sedert die begin van die pandemie. Nog twee distriksmunisipaliteite in Noordwes is onder administrasie geplaas - ons kyk na waarom dit so sleg gaan in die provinsie.